Bets Smith

Bets Smith

Haar lewe lank ’n ywerige leser, begin Bets Smith skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kan. Ná die aanvaarding van haar eerste manuskrip het sy aanhou skryf want sy glo in die liefde en in gelukkige eindes en voel mense het nodig om herinner te word dat die goeie nog kan seëvier. Ná haar aftrede uit die onderwys verhuis hulle in 2018 na die Suidkaap waar daar netsoveel inspirasie is as in die Laeveld. ’n Man wat haar giere en geite verstaan, twee getroude kinders en vyf kleinkinders is al wat sy daarby nodig het. Ondanks ’n bedrywige program skryf sy tans voltyds en fokus veral op spanningsverhale. Tog bied die skryf van romanses ’n welkome afwisseling want goedvoelstories gee haar kans om te wys ware liefde kan alles oorkom.Sedert haar eerste poging het 29 boeke verskyn: 21 romanses, 2 historiese liefdesromans, 1 superromanse en 5 spanningsromans.

Beskou as Rooster Lys

8 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

8 items

Per bladsy
Stel dalende rigting