An-Mari do Carmo

An-Mari do Carmo
An-Mari do Carmo word as tuisskoolkind groot op ’n plaas in Noordwes, waar sy van kleins af ’n liefde ontwikkel vir lees en skryf. Van graad 10 tot matriek woon sy Domino Servite School by op die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal, die kultus waarin sy grootgemaak is. In 2017 behaal sy haar BA-graad in Taal en Literatuurstudie, met Skryuns as hoofvak, aan die NWU-Potchefstroom. Nadat sy vir sewe maande in Frankryk gewerk het, begin sy in 2018 vir LAPA Uitgewers werk as kinder- en jeugboekredakteur en werk vandag steeds voltyds vir Penguin Random House. Haar introvert-hart geniet dit tans om van haar huis in Klerksdorp te werk. Sy bly saam met haar man, Walter, en versamel meer boeke as waarvoor hulle plek het. Toe als groen was is haar debuutroman.
Beskou as Rooster Lys

2 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

2 items

Per bladsy
Stel dalende rigting