Anna van Tonder

Anna van Tonder

Anna van Tonder is ñ bekende romanse skrywer. Haar nuutste omnibus Altyd wink die liefde het in Mei 2019 verskyn. Met haar aftrede het sy aanvanklik haar tyd gebruik om te skilder, maar uiteindelik het die stories wat jare lank in ñ laai weggebêre was begin roep om tot lewe te kom. Anna was al menigmale alghele wenner in skryfkompetisies: Sy het al twee keer die Klersdorp Rekord gewen, die eerste keer in 1996 met Rooi tulpe (ñ kortverhaal) en toe weer in 1997 met die gedig Leonardo da Vinci; in 1998 wen sy ook die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se prys met haar kortverhaal Pap en papier. Anna en haar man, Gert, is al vanaf graad 4 saam. Sy was glo toe al sy nooi, al het sy dit nie geweet nie. Anna was ook ñ onderwyser/pedagoog en het hierdie beroep by verskeie skole beoefen. Tans, bly sy op Klerksdorp in ñ gerieflike klein kompleks waar almal mekaar ken. Sy is die ma van drie besondere volwasse kinders wat huidiglik almal ver woon. Maar gelukkig het hulle gereelde videokontak danksy moderne tegnologie – wat dit dan ook moontlik maak dat sy haar vier kleinkinders kan geniet.

Beskou as Rooster Lys

4 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

4 items

Per bladsy
Stel dalende rigting