Cecilia Steyn

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders, was sy nog altyd lief vir skilder en skets en was kuns op Hoërskool haar gunsteling vak. In 1992 voltooi sy matriek. Na skool skop sy haar loopbaan af in die kleinhandel Apteekbedryf. In Desember 1995 trou sy met Johan Steyn. In 2000 verhuis hulle na Noord-Wes. Saam maak hulle twee pragtige seuns groot. Tans werk sy as tak-administreerder by HealthPharm Apteek in Klerksdorp. Onder die leiding van haar broer en mentor, Fanie Viljoen, probeer sy op die dappere ouderdom van veertig vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Op 9 Januarie 2015 verskyn haar eerste kortverhaal, Evan se Pizza, in die Vrouekeur. In 2015 word haar eerste jeugroman deur Lapa uitgewers aanvaar vir publikasie. NB-uitgewers volg kort op hul hakke deur nog twee jeugverhale vir publikasie te aanvaar. Vrouekeur publiseer nog twee kortverhale in September en November 2015. In September 2015 woon sy die ATKV-Lenteskool by vir skrywers van Romanses. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy geniet sy dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.

Beskou as Rooster Lys

7 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

7 items

Per bladsy
Stel dalende rigting