Frenette van Wyk

Frenette van Wyk

VFrenette van Wyk is ñ bekende romanse skrywer van Pretoria. Sy het van kleins af stories geskryf en het op skool uitgeblink in kreatiewe skryfwerk. Dit was altyd haar droom om eendag ñ boek te skryf. Haar skryfloopbaan het in alle erns in 2006 begin toe haar eerste romanse, Kruisvaart na liefde, deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar is. Sy het sedertdien reeds 24 romanses geskryf. Haar mees onlangse Romanza-titels sluit in: Vlinderdraai, Vuurvliegie, Boergonje bruid en Maskerdans. In 2018 en 2019 publiseer sy vier SuperRomanzas genaamd: Liefde op Petit Paris, Geliefde rebel, In die sterre geskryf en Soene in ñ sandkasteel. Met Liefde op Petit Paris, ñ ou-Kaapse verhaal, was Frenette geprys daarvoor dat sy daarin geslaag het om ñ “oudwêreldse atmosfeer te skep, wat ruimte, karakters en dialoog aanbetref”. Sy het ook al twee kortverhale geskryf: Sonneblom-meisie en Die magic van die maan (wat in Augustus 2019 onder die RomanzaLiefde druknaam verskyn). Frenette geniet dit om deeglike navorsing en agtergrondstudie te doen oor die onderwerpe wat sy in haar boeke gebruik en om, indien moontlik, die plekke te besoek om eerstehands te ervaar waaroor sy skryf. Frenette het aanvanklik onderwys studeer en het ñ honneursgraad in Latyn verwerf. Daarna het sy skoolonderrig in Latyn, Frans en Engels gegee. Sy skilder ook graag as ñ stokperdjie. Frenette woon in Pretoria saam met haar man, Etienne, en hulle jongste seun, Sasha. Haar oudste seun, Zander, is getroud met Charmonix, en haar kleindogter, Merseillise-Rose, is in Julie 2018 gebore.

Beskou as Rooster Lys

4 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

4 items

Per bladsy
Stel dalende rigting