Joanna Alexander

Joanna Alexander

Joanna Alexander is gebore op Upington en ’n lief¬de vir lees is al vroeg by haar gekweek. Sy het haar man op Universiteit van Wes-Kaapland ontmoet en ná hul troue het hul gesin in Kimberley, Newcastle en Bloemfontein gewoon – hulle is nou terug in Kimberley. Sy is die trotse ma van twee dogters en een seun. Haar oudste dogter het onlangs geboorte geskenk aan ’n pragtige babadogter, dus is sy nou ook ouma. Sy kuier graag saam met vriende, familie en mense wat lag, en geniet ook ’n lekker aand uit op die dansbaan. Om musiek te luister, ’n boek te lees, met ’n blokkiesraaisel te ontspan of om voor haar rekenaar na haar eie verbeeldingswêreld te ontvlug, is van haar ander stokperdjies.

Beskou as Rooster Lys

1 item

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

1 item

Per bladsy
Stel dalende rigting