Kaalwoorde

Kaalwoorde is gestig deur skrywer, Ané Kotzé, wat die visie gehad het om haar
woorde en gedagtes met die wêreld te deel en mense te wys dat hulle nie alleen
is nie. Sy het ’n groot aanhang op sosiale media en het saamgewerk met van
Suid-Afrika se bekendste akteurs en musikante. Sy is tans in Kambodja op ’n
skrywerswegbreek.