Kristel Loots

Kristel Loots

Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie. Roxy is Kristel Loots se tiende liefdesroman. Haar lesers verlekker hulle aan Loots se humoristiese skryfstyl wat soms aan die tragikomedie raak. Kristel skryf ook verhale en artikels vir verskeie vrouetydskrifte. Meer as 40 romans van haar het al onderskeidelik by LAPA Uitgewers, Tafelberg en Carpe Diem Media verskyn.

Beskou as Rooster Lys

Items 1-12 of 13

Page
Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

Items 1-12 of 13

Page
Per bladsy
Stel dalende rigting