Lizelle von Wielligh

Lizelle von Wielligh

Met ʼn BCom-graad agter haar naam, sou Lizelle von Wielligh nooit kon droom om die pen op te tel en te begin skryf nie, maar toe bring die Here ʼn onverwagse draai op haar pad wat haar meer vervuld laat as wat sy ooit kon droom. Deesdae vind sy dit baie meer stimulerend om haar gedagtes kreatief aan te wend, eerder as om syfers op die rekenaar te laat klop. Haar gesin kom altyd eerste in haar lewe. Sy is voltyds betrokke by haar kinders, Benjamin en Kara, en is bevoorreg om ʼn “gelukkige einde” saam met haar man, Tinus, te leef. Sy geniet graag die natuur, veral die plaaslewe en as sy nie skryf nie, moet haar hande besig bly. Sy woon in ʼn skilderagtige bosboustreek naby Lothair in Mpumalanga en kry haar storie-idees op haar daaglikse wandeling deur die denneboomplantasies. Kakie, stewels en liefde is haar eerste romanse in die RomanzaLiefde-reeks.

Beskou as Rooster Lys

6 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

6 items

Per bladsy
Stel dalende rigting