Madelie Human

Madelie Human

Madelie Human is ñ bekroonde romanse skrywer van Rooiberg. Sy het al verskeie reekse onder die Romanza en SuperRomanza drukname geskryf, naamlik: Die Wilde hawer reeks, Die Held reeks, Die lank-en-donker reeks en Die Skakerings reeks. Skryf was altyd deel van Madelie, al het sy eers na ouderdom 50 ernstig daarmee begin. ñ Uitgewer het haar oorreed om die onderwys te verlaat en handboeke te skryf, maar dit was nie vir haar bevredigend nie. Toe daag ñ vriendin haar uit om liewer fiksie te skryf. Die romanse genre was die logiese keuse omdat dit is wat sy die graagste lees en omdat sy vir mense die hoop wil voorhou dat geluk binne almal se bereik is. In 2008, publiseer LAPA Uitgewers haar eerste romanse en tot haar verbasing wen dit toe ñ ATKV-Woordveertjie. Sy het nou reeds byna 30 titels op haar kerfstok. Madelie is lief daarvoor om reekse te skryf en oorweeg ñ nuwe inspireerende reeks vir 2020 oor die mense van Groeneweide, ñ klein gemeenskap op die Vrystaatse platteland. Iets interessant oor Madelie is dat sy al ñ bloemiste sowel as ñ huweliksvoorligter was. Madelie en haar man, Koos, het twee volwasse kinders, Hugo en Heidi. Die paartjie is was gelukkig genoeg gewees om teenaan ñ wildplaas ñ aftreeplek te bekom waar hulle snags leeus hoor brul en bedags die visarende hoor roep. Die natuur is beslis ook inspirerend vir haar skryfwerk (sirenes en die lawaai van verkeer bestaan nie daar nie) net salige stilte en dieregeluide is al wat hulle hoor.

Beskou as Rooster Lys

Items 1-12 of 27

Page
Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

Items 1-12 of 27

Page
Per bladsy
Stel dalende rigting