Mari Grobler

Mari Grobler

Mari Grobler woon op Uitenhage saam met haar man, Danie Snyman, stiefdogter, Danéll, oeroue hond, kapokhennetjie en ’n anonieme huisspook. Sy is ’n bekroonde skrywer met drie digbundels, asook jeug- en kinderboeke op haar kerfstok. Sy het vyf jaar kuns studeer en hou soms uitstallings wanneer die muse nie stories influister nie. Mari versamel klippe, is hartstogtelik lief vir die see en moet gereeld met haar voete in soutwater gaan staan om te oorleef. Heelwat van haar stories speel naby water af. Sy is ’n groot dromer en romantikus. Gelukkig help haar praktiese man haar met die huishouding sodat sy soms ongesteurd kan skryf. Haar ouers, Marius en Nellie, spoor haar aan om haar beste te lewer, en haar stiefkleinseun, Dillon, is ’n groot bron van inspirasie. Haar dogter, Cecily is ’n musiekonderwyseres. Mari het nege romanses geskryf, en daar is reeds meer as twintig van haar boeke in verskillende genres gepubliseer.

Beskou as Rooster Lys

1 item

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

1 item

Per bladsy
Stel dalende rigting