René van Zyl

René van Zyl

René van Zyl is ’n oud-joernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar ’n nessie uitgegrawe het. Sy geniet dit veral om plaaslike gemeenskapsmusiekblyspele te skryf en op die planke te bring. Haar buite-die-boks man, twee dogters en seun is die groot liefdes in haar lewe en ook haar grootste inspirasie. Haar oudste seun is breingestremd en die lewe saam met hom het haar geleer om daaglikse uitdagings met genoegsame humor aan te pak. Sy glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes. Haar voorliefde vir Europa se romantiese kastele, katedrale en legendes maak dat sy haar laaste sente sal uitgee om nogmaals daarheen te reis en stories te versamel. • Liefdesafari is haar eerste romanse in die Romanza-reeks. • Joanita Fourie, redigeerder van Romanzas sê oor hierdie debuutskrywer: “Die manuskrip is so plesierig, die taalgebruik heerlik spontaan met selfs 'n uiters gepaste nie-predikantsvrouerige woord so hier en daar, en die verhaal goed deurdink en sommer net lekker om te lees.”

Beskou as Rooster Lys

8 items

Per bladsy
Stel dalende rigting
Beskou as Rooster Lys

8 items

Per bladsy
Stel dalende rigting