Opwindende Afrikaanse Apps for Kleuters

Die drie Varkies

Die bekende storie van die Drie Varkies kry lewe op jou iPad – danksy innoverende animasie, prettige musiek en allerlei interaktiewe elemente.

Kinders kan uit drie opsies kies wanneer hulle die app gebruik:

  • 'n Selfleesopsie vir beginnerlesers, of
  • 'n voorleesopsie, of
  • ’n lees-en-speelopsie.

 

 

 

 

 

 

Waarvoor is seerowers bang?

Arrr! Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van ’n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk één ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee ...

Leer ken Kaptein Kalamari, sy bemanning en die avontuurlustige skeepsmuise speel-speel, met ekstra dialoog, animasie en geluide!

Kinders kan uit twee opsies kies wanneer hulle die app gebruik:

  • • ’n Selfleesopsie vir beginnerlesers, of
  • • ’n lees-en-speel-opsie.

PLUS ’n legkaartspeletjie!