Liefde in die tyd van Corona (EBOEK)

Geen
Liefde in die tyd van Corona (EBOEK)
ISBN
9780639604978
Spesiale prys R34,30 Gewone prys R49,00
Skrywer(s):
Toe die inperking aangekondig word, het Jenna pas haar verloofde en strooimeisie saam in die bed gevang. Sy het verkoue, ’n gebreekte hart en die behoefte om weg te kom van almal se simpatieke kyke. ’n Vriendin bied haar die gebruik van ’n strandhuis op Waenhuiskrans aan wat op die oomblik na die regte medisyne klink. Vir die Jacques is die idee om vir drie weke stoksielalleen te bly die heerlikste vooruitsig. Waarop hy nie voorbereid was nie, was die lang blondine in die sitkamer van sy strandhuis. Dit maak nie saak hoe sexy sy is of hoe lank haar bene is nie, dis sy huis en die meisie moet eenvoudig ’n ander plan maak. Maar in die tyd van die Corona is niks eenvoudig nie.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening