My hart is vol graffiti (EBOEK)

Geen
My hart is vol graffiti (EBOEK)
ISBN
9780799351392
R145,00
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa ’n artikel vir ’n tienertydskrif skryf. Die onderwerp is: Graffiti: kuns of krimineel? En hulle paaie kruis met dié van ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende, geheimsinnige skemerwêreld bekend stel. Skielik is Lara in twee geskeur. Aan die een kant is daar Lara-wat-nooit-die-skoolreëls-oortree-nie-en-altyd-’n-A-kry. En aan die ander kant is daar Lara-wat-net-een-keer-wil-voel-hoe-dit-voel-om-op-’n-skateboard-te-ry-of-skelmpies-’n-gebou-met-spuitverf-te-bespuit ...
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening