Studiegids: Wolk (EPDF)

Geen
Studiegids: Wolk
ISBN
9780639604954
R50,00
Skrywer(s):
Hierdie gids is geskryf om gebruik te word in beide Afrikaanse Huistaal en Eerste Addsionele Taal-klasse. Die doel is om ’n gebruikersvriendelike en praktiese hulpmiddel te wees om die onderrigproses te ondersteun en by te dra tot die leerder se begrip en genieting van die teks. Daar word deurgaans gebruik gemaak van vrae, woordeskat en literêre aspekte om die pedagogiese proses te help fasiliteer. Elke afdeling word onderskraag deur teorie en is gevul met relevante voorbeelde uit die roman. Die gids is so geskryf om die leerders te help om die meeste uit die teks te put. Dit het betrekking op hulle akademiese ontwikkeling, sowel as hulle denke rondom die kwessies en temas wat in die roman aangespreek word. Die gids gee onderwysers ’n bruikbare struktuur om vanaf te werk en sal hopelik bydra tot ’n baie bevredigende klaservaring. Om verder te help, word antwoorde op die kontekstuele vrae en opsteltipe vrae aan die einde van die gids verskaf. Dit kan dien as rigtingwyser wat die onderwyser hopelik heelwat tyd in die voorbereidingsproses kan spaar en wat meer bruikbaar benut kan word!
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening