The Saxon Wolves

Geen
The Saxon Wolves
In voorraad
ISBN
9780639914060
R310,00
Brittanje 455 nC. Die Romeinse Ryk het geval. As die dogter van 'n koning en ’n opgeleide priester, is Anya se lewe in Germania een van rykdom en voorreg – totdat sy dit durf waag om haar misnoë uit te spreek oor die hoëpriester se barbaarse menslike offerandes. Haar straf is ballingskap. Sy word na Britannia gestuur, 'n eiland wat in chaos gedompel is soos mededingende koninkryke veg om mag. Alleen, en ver van die huis, af moet Anya leer om te oorleef midde-in die bloedvergieting, verraad en intrige van die vyfde-eeuse Brittanje. Hierdie boek bied 'n blik op hoe Europa gelyk het kort nadat die Romeinse Ryk sy greep verloor het oor wat die "Bekende Wêreld" genoem is. Die Christendom was nog skaars, en baie vreemd. Bloedvergieting was algemeen en vroue het nie ’n gesê gehad in hulle huweliksgenote nie. Anya, 'n intelligente rooikop, moes oorleef. Net haar verstand kon die vyand stuit, maar wat het gebeur wanneer brute, testosteroongedrewe mag haar bedreig? Jy sal die einde wil lees.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening