Anderkant vergeet

Gradering:
80% of 100
Geen
Anderkant vergeet
Uitverkoop
ISBN
9780799380231
Spesiale prys R71,25 Gewone prys R285,00

Om in die hospitaal wakker te word en al die jare tussenin het uit jou geheue verdwyn. Jy is weer agtien jaar oud en verstaan nie hoekom jou matriekliefde se pa dan hier by jou bed is nie. En wie is die seuntjie wat jou mamma noem? Dit is Anneleen se lot.

Daar was ’n ongeluk, sy onthou dit. Hulle was van die matriekafskeid af op pad terug. Maar hulle sê dit was baie jare gelede, lank voor sy getroud is en kinders gehad het.

Nou moet Anneleen van voor af die mense leer ken wat haar geliefdes is. Haar seun. Haar befoeterde, bot tienerdogter. En haar man ... Hoekom het sy met hom getrou? Daardie aand met die matriekafskeid wou sy dan uitmaak met hom?

Sy wil nie teruggaan na die huis toe wat hulle sê hare is nie. Sy wil liewer na haar ouers toe teruggaan. En sy wil weet wat gebeur het. Alles. Maar eintlik wil sy vlug want sy sien nie kans hiervoor nie.

Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening