Eendagmooi

Gradering:
60% of 100
Geen
Eendagmooi
In voorraad
ISBN
9780799355376
Spesiale prys R78,75 Gewone prys R315,00
Janeke loop die ou, ou pad van 'n vrou wat gevaar staan om haar man te verloor. 'n Baie moeilike tiener en die feit dat Janeke weer 'n baba verwag maak niks makliker nie. Ook nie die feit dat sy nie seker is hoekom haar man haar wil verlaat nie. En toe sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker sy wou regtig weet nie. Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Min dinge word haar gespaar en daar word meer as redelikheid van haar verwag. Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op - in 'n helderoranje rok en blou skoene, ja - en sy is bevry van 'n verlange wat haar sestien jaar geteister het. 'n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. En haar verhaal verloop net so heel anders as dié van die meeste vroue in haar situasie. Sy wen meer as wat sy verwag of ooit oor durf droom het. In Eendagmooi raak Kristel Loots diep eietydse vroulike issues aan. Die storie is verweef en deurdag en gee die leser 'n kykie in die siel van 'n vrou wat by veranderings in haar lewe moet aanpas. Dis 'n onvergeetlik mooi storie wat die binnelewe van 'n vrou fyn verwoord en wys dat hoop en liefde van 'n eendagmooi, wat net een dag blom en oornag verwelk, 'n hemelblom kan maak.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening