Lemoenseisoen

Gradering:
80% of 100
Geen
Lemoenseisoen
In voorraad
ISBN
9780799377590
Spesiale prys R78,75 Gewone prys R315,00

Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk.

Om die  kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man?

Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.

Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening