Vergete leuens

Gradering:
80% of 100
Geen
Vergete leuens
In voorraad
ISBN
9780799381092
Spesiale prys R71,25 Gewone prys R285,00

Kalli Krynauw, ’n forensiese psigofisioloog en een van Secret Intelligence Services se staatmakers, probeer drie moorde in ’n gesellinklub ontrafel. In hierdie proses leer sy wel veel meer van prostitute, van die ingewikkelde en tragiese lewe wat hulle tot die oudste beroep op aarde aanspoor, maar niks wat vir haar moordondersoek van waarde kan wees nie. Telkens laat ’n leidraad haar weer in ’n doodloopstraat beland.

Die dringendste vraag is hoe die moordenaar, indien dit dieselfde persoon is, toegang tot dié streng bewaakte klub gekry en weer sy pad na buite gevind het. Uiteindelik moet Kalli haar instink volg en aanvaar die raaisel van hierdie moorde lê by die gesellinne, al is hulle soos susters vir mekaar. Dit lei haar na ’n wêreld van kindermolestering en die afskuwelike gevolge daarvan.

Hierdie keer is dit nie net haar veiligheid wat op die spel is nie. Haar vierjarige dogtertjie is weerloos en die wêreld is groot.

Maar die briljante Kalli Krynauw laat nie los as ’n saak haar eers “gehaak” het nie.

Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening