Perfek

ISBN
GratisPerfek
R0,00
Skrywer(s):

Die gids is in ’n paar praktiese afdelings opgedeel.

In die eerste afdeling ontmoet ons die skrywer, Jaco Jacobs. Hierdie bladsy kan vergroot word en in die klas opgeplak word. Daar kan ook ander foto’s van hom gedruk word. In hierdie gids is daar vrae en antwoorde wat saam met die inligting van die skrywer gaan. Dit kan as ’n luisteroefening behandel word.

Die volgende afdeling is ’n resensie van Perfek, wat van Litnet af verkry is. Hierdie resensie het praktiese inligting soos die hoeveelheid bladsye waaruit die boek bestaan, die prys, nog inligting oor Jaco Jacobs en inligting oor die illustreerder. Die resensie kan vir die leerders afgedruk word en die vrae wat volg, kan as ’n begripstoets gebruik word.

Dan word daar gekyk na die titel, die omslag, die flapteks en die bladuitleg. Dit is belangrik dat lesers besef die lees van ’n boek begin by die omslag en dat hulle baie mooi hierna kyk. Hoewel ’n paar praktiese voorstelle gemaak word, kan die leerders self gevra word wat hulle alles raaksien op die omslag. Leerders is dikwels baie meer oplettend en kreatief as ons! Daar volg ’n paar vrae ná hierdie afdeling.

Om hierdie studiegids af te laai, vul asseblief die onderstaande vorm in.

Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening