Nova 3: Bloedbroers

In voorraad
ISBN
9780799354904-cfg
R155,00
Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim ... Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help as om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, leë stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee. Die vure en ontploffings dring nou selfs die Hok binne, en terwyl Lucas-hulle probeer vlug, kom hulle af op laboratoriums waar ruimtewesens aangehou word. Van hulle lyk soos die wesens wat in Nova: die begin in die rivier was, ander lyk meer soos ruimtewesens, en nog ander lyk soos mense. In die klimaks maak die Sterreloper vir die eerste keer sy verskyning, maar Lucas-hulle kan nie sien wie hy is nie. Hy stel hulle voor 'n moeilike keuse: om hulself te red, of om 'n vriend te red.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening