Nova 4: Sterreloper

In voorraad
ISBN
9780799361124-cfg
R155,00
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ... Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening