In opleiding: Veearts

Geen
In opleiding: Veearts
In voorraad
ISBN
9780799392500
R145,00
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe!
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening