Hoe om 'n haas te vang

Gradering:
100% of 100
Geen
Hoe om 'n haas te vang
In voorraad
ISBN
9780799389548
R135,00
’n Lekkerlag-avontuur geskryf deur niemand anders nie as die beroemde Nare Ou Wolf!

Vir honger wolwe is dié boek ’n wenner,
en dit is boonop geskryf deur ’n kenner!
Hou jy van haasbredie en haaspastei?
Kom leer hoe om ’n haas in die hande te kry!

Hierdie boek, geskryf deur niemand anders nie as die beroemde (of is dit berugte?) Nare Ou Wolf, is ’n fantastiese gids propvol wen-wenke vir enige iemand wat van plan is om ’n haas te vang. Ja, lek gerus solank jou lippe af vir ’n sappige hasie! Maar maak seker jy hou jou oë oop vir bere, bonsende vere met ’n bietjie te veel veerkrag, en natuurlik jou eie strikke …

’n Lekkerlagboek deur die internasionale topverkoperskrywer Claire Freedman, geïllustreer deur die briljante Monika Filipina.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening