My eerste 100 diere

Geen
My eerste 100 woorde
In voorraad
ISBN
9780799384468
R145,00
Leer speel-speel woordeskat met jou gunsteling-diere! Hierdie stewige kartonboek is propvol wonderlike diere – van reusagtige olifante tot piepklein skoenlappers en oulike babadiere. Die pragtige, kristalhelder foto’s en lewendige illustrasies is in verskillende kategorieë gerangskik – van troeteldiere tot wilde diere en plaasdiere. Woordetikette moedig wys, benoeming en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 diere is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur – die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig! Met 100 prente met byskrifte is hierdie prettige wys-en-sê-boek propvol dinge om oor te gesels, te leer en te glimlag. Ontwikkel saam met ’n voorste opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, om te verseker: - Benoeming van prente ontwikkel taal en bou woordeskat. - Tematiese blaaie ontwikkel kennis van die wêreld. - Duidelike byskrifte bevorder vroeë leesgereedheid.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening