KomInPas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal (Tweede Uitgawe)

Geen
Kominpas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal Gr. 4-7
In voorraad
ISBN
9780799371574
R285,00
Kominpas met Afrikaans: Eerste Addisionele Taal is een handleiding wat vir graad 4, 5, 6 en 7 gebruik kan word. Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. Afdeling A bevat ’n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm ’n eenheid. Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word. Afdeling C is ’n opsomming van die letterkundige en poëtiese aspekte, wat as naslaanbron gebruik kan word. Die handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reëls maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die handleiding is ook ʼn gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks skool toe te bring.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening