Bloedsusters

In voorraad
ISBN
9780799350975-cfg
R255,00
Skrywer(s):
Al gewonder wie maak skoon waar iemand wreed gesterf het? Of weke lank dood gelê het? Ontmoet die twee susters van Pretoria wat nie net die gemors skoonmaak nie, maar ook probeer om die trauma vir die wat agterbly, te verlig. Eileen de Jager en Roelien Schutte se werk is jou en my se ergste nagmerrie, en tog noodsaaklik. Iemand moet dit doen. Gelukkig tog vir twee vroue wat dit doen met deernis en empatie. Van plaasmoorde tot gesinsmoorde en selfmoorde, jy sal Crime Scene Clean-up se mense dikwels daar aantref. Gewapen met al die regte toerusting en chemikalieë, maar veral met moed en menslikheid. Dis hulle wat die stukke gaan optel. Soms letterlik. Sodat die lewe so normaal moontlik vir die res van ons kan aangaan. En dis allesbehalwe so glansryk soos wat Amerikaanse TV-programme ons soms wil laat glo. Dit weet die susters na ‘n hele paar jaar se ondervinding in die bedryf, hier en ook in Brittanje. NEEM KENNIS: NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening