Die Stella-moorde

Geen
Die Stella-moorde. Die eerste boek oor die moorde op twee tienermeisies in Mei 2018 in hul skoolkoshuis in Noordwes. Dit bied ysingwekkende besonderhede oor die moorde, ’n boeiende verslag van die opspraakwekkende hofsaak waartydens Xander Bylsma, die ekskêrel van een van die slagoffers, skuldig bevind is en die impak van die moorde op die lewens van naasbestaandes van die geweldenaar en die slagoffers.
In voorraad
ISBN
9780639602004
R295,00
Skrywer(s):
“Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?” En toe is dit asof die damwal meegee. Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoshuis vroeg op ’n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), ’n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, ’n skrander donkerkop. Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van ’n grudaad in ’n gemeenskap van vervlegte lewens? Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening