Kinderpartytjie kolwyntjies (EBOEK)

Geen
Kinderpartytjie kolwyntjies (EBOEK)
ISBN
9780799367416
R129,00
Kinderpartytjiekolwyntjies wys ma’s hoe die vaalste kolwyntjies in ’n paar maklike stappe in klein kunswerkies omskep kan word. Voor jy jou oë knip, sal die hele dorp kolwyntjies by jou bestel! Die boek bevat ’n volledige lys van die gewildste temas vir beide seuntjie- en dogtertjie partytjies, maar die temas kan maklik vir teepartytjies of ander volwasse partytjies aangepas word. Die projekte is maklik genoeg vir beginners, maar ook vol uitdagings vir meer gevorderde bakkers. Dit is ’n moet vir elke huis en sal veral handig te pas kom om in daardie ellelange skoolvakansies die kinders besig te hou. Elke projek word uiteengesit in gedetailleerde stappe wat deur foto’s ondersteun word. Die projekte laat ook ruimte vir aanpassings volgens die leser se behoeftes.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening