Tussen liefde en haat (EBOEK)

Geen
Tussen liefde en haat (EBOEK)
ISBN
9780639606071
Spesiale prys R56,70 Gewone prys R81,00
Skrywer(s):
Die skeidslyn tussen liefde en haat is dun. Marlien van der Walt aanvaar ’n pos as skoonheidsdeskundige op ’n wildsplaas buite Harrismith ná ’n traumatiese inbraak by haar woonstel. Die plaas behoort nou wel aan die pa van haar eks Eben, maar dit is seker beter as om alewig bang te wees in die stad. ’n Jaar gelede het haar en Eben Naudé se paaie geskei en het sy liefde vir haar in ’n intense haat verander. Toe sy hom weer op die plaas sien, weet sy dat dit steeds die geval is. Hy is koud en ongeskik en gaan uit sy pad om haar tyd op die plaas onaangenaam te maak. Sy is egter steeds smoorverlief op hom en besef gou dat die skeidslyn tussen liefde en haat baie dun is.
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening