’n Brief aan my Intiem-vriendin

Liewe Intiem-vriendin,

Voel jy ook soms emosioneel uitgeput? Ons verstaan wat dit van jou vat om ’n vrou te wees, want vrouwees beteken jy moet ’n moeder, vriendin, suster, dogter, kollega en diereversorger wees en daar word van jou verwag om altyd net die beste te lewer. Wanneer het jy werklik tyd om ’n sensuele, beeldskone godin vir jou man te wees? Jy verdien dit om die romanse in jou huwelik hoog op prys te stel.

Die grootste misverstand is die idee dat onvoorwaardelike liefde van jou vra om jouself ten koste van ander af te skeep. ’n Goeie versorger moet haarself ook versorg. Jy verdien ’n blaaskans! Tyd om die liefdevolle engel in jou te herlaai en jouself te bederf met ’n paar uur nét vir jouself. Jy hoef nie eens skuldig te voel nie, want as jy bietjie tyd aan jou eie welstand bestee kan jy selfs ‘n beter ma, vrou, dogter, vriendin en suster vir iemand anders wees.

Dit is presies waarom Romanza daar is. Dit lees lekker, vinnig en met minder moeite as ’n knewel. Romanza laat jou hart klop en weer voel soos die heldin in jou eie liefdesverhaal wat steeds binne jou skuil. Jy mag maar bietjie droom om weer te voel soos die dag toe hy jou die eerste keer gesoen het of toe hy uiteindelik die groot vraag vra. Soms moet ons net weer iemand anders se storie lees om te weet jy is nog glad nie te oud vir die vlam van passie wat binne jou brand nie.

Spesiaal vir jou!

Nou is jou kans vir afskakel. Neem hierdie toetslopie en lees gou hierdie lekker verhaal:
’n Marshmallow-tipe meisie – Rosita Oberholster
 
Groete,

Jou Romanza-vriendin
Bederf jouself. Jy verdien dit. Koop jou volgende versorging HIER!