RomanzaKlub

LAPA Uitgewers gee maandeliks vier lekkerlees-liefdesverhale uit. Dit verskyn onder die druknaam, Romanza.

Het jy geweet?

  • Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in jou brein wat jou goed laat voel.
  • Dit verlig stres op ’n natuurlike manier.
  • Jy ervaar ñ gevoel van emosionele versorging omdat die held die heldin se diepste behoeftes verstaan.
  • Lesers voel dat dit hulle insig in hul eie verhoudingsprobleme gee.
  • Dit dra by tot vroue se bemagtigingsproses omdat die heldin ñ vrou in eie reg is.
  • Die jongste lesers is tieners en die oudstes is in hul 90’s.
  • Romanselesers is die mees belese lesers in die wêreld. Hulle is sterk, intelligente en kreatiewe vroue wat presies weet wat hulle wil hê.
  • Sielkundiges stem saam dat die romanseleser warm, vriendelik en sensueel is.
  • Daar is omtrent 2% mans wat romanses lees. Baie van hulle lees dit omdat hulle graag wil weet hoe vroue voel en dink.

Bederf jouself met ons liefdesverhale!

    Sluit aan by RomanzaKlub teen R130,00 per maand en ontvang as lid die volgende voordele:

    • Ontvang twee Romanzas elke maand vir slegs R130,00
    • Bestel jou derde en vierde Romanza vir slegs R50,00 elk
  • Jy kry 50% afslag op alle SuperRomanza
  • Jy kry 30% afslag op alle LAPA-boeke (dit sluit Romanza, afgemerkte boeke of enige ander spesiale aanbiedinge uit). Hierdie bestellings kan telefonies geplaas word by 012 401 0700 of via epos by belindag@lapa.co.za

    (Let wel: Hierdie kontakbesonderhede is slegs vir bestellings, en nie vir aansluiting by die klub nie.)

  • ñ RomanzaKlub-sak ter waarde van R50,00 word eksklusief aan nuwe lede gestuur.
  • Ons stuur maandeliks vir jou die RomanzaKlub-nuusbrief propvol inligting oor ons skrywers en hul verhale. 

SLUIT VANDAG NOG AAN!

Lees die RomanzaKlub-nuusbrief − Klik hier!

Jy kan aansluit vir: 

2 boeke teen R130,00
3 boeke teen R180,00 of
4 boeke teen R230,00.

RomanzaKlub-pryse is onderhewig aan jaarlikse verhogings.


RomanzaKlub-aansluitingsvorm

Ek onderneem om elke maand die volgende te ontvang vir ’n tydperk van ten minste 12 maande

Persoon verantwoordelik vir die rekening:

Versending

Ons bied aan jou twee opsies om jou maandelikse boekpakkie te ontvang:
Opsie 1: Geregistreerde pos teen R55.00* per maand
Opsie 2: Koerierdiens teen R55.00 tot R150.00* per maand
*Pryse onderhewig aan die gewig en grootte van jou boekpakkie.  
Vir meer inligting oor die versendingskostes, kontak LAPA by Romanza@lapa.co.za.

Debietorder

*Let wel: LAPA sal ’n adminstrasiefooi van R80 hef op debietorders wat nie deurgaan nie.

LAPA sal jou kontak indien jy jou lidmaatskap met jou kredietkaart wil betaal. 

Koste

Die huidige koste beloop: 2 boeke teen R130,00, 3 boeke teen R180,00 of 4 boeke teen R230,00. Romanza-klubpryse is geldig van 1 Maart 2019 af tot en 28 Februarie 2020.

Kansellasie

Ek onderneem dat indien ek hierdie kontrak wil opskort, my skriftelike bedanking LAPA Uitgewers ten minste 20 dae voor die datum waarop my kontrak gekanselleer moet word, sal bereik. Ek neem kennis dat my kontrak geldig sal wees vir ’n 12 maande-termyn. Ek neem kennis dat indien ek nie kennis gee van kansellasie van my kontrak voordat bogenoemde termyn verstryk het nie, my kontrak maand-tot-maand geldig sal wees. Indien ek my klublidmaatskap sou opskort voor die verstryking van bogenoemde termyn, aanvaar ek dat ek verantwoordelik is vir die koste van voordele wat ek gedurende my termyn as klublid geniet het wat as volg bereken sal word:

  • ñ RomanzKlub-sak ter waarde van R50,00.
  • Die verskil tussen die prys waarteen Romanza in die handel verhandel (R95,00) minus die bedrag wat ek maandeliks per boek betaal het.
  • Die 30% afslag wat ek as Romanza-lid gekry het op aankope van boeke gepubliseer deur LAPA Uitgewers, asook 50% afslag op SuperRomanza.