Vergeet van reëls

Gradering:
100% of 100
Geen
Vergeet van reëls geskryf deur Dina Botha
In voorraad
ISBN
9780639609744
R95,00
Skrywer(s):
Om aan te beweeg gaan sy eers die verlede moet oopkrap. Antiekhandelaar Amelie Voster beplan om oor ses weke te trou, maar daar is net een onvoorsiene hindernis: Sy is weens een of ander misverstand nooit wettig van haar studenteliefde, Daniël Retief, geskei nie. Sy spoor hom op, maar Daniël is allesbehalwe die student wat sy onthou. Hy is ’n welaf sakeman met ’n yskoue hart. ’n Slu manipuleerder en ’n afperser. As sy nie instem om hom op ’n sakereis te vergesel nie, kry sy nie ’n handtekening op haar skeikontrak nie. Sy stem in, maar kort voor lank onthou sy al die intieme details van haar en Daniël se week lange studentewittebrood. Alles wat sy naarstiglik probeer vergeet het, keer terug. Daniël wroeg self om te vergeet, maar party herinneringe weier om weggepak te word. Na hul tyd saam, stem Daniël tot die egskeiding in, maar is dit wat Amelie regtig nog wil hê?
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening