Alta Steyn woon in Pretoria-Oos, saam met haar lieflingkat Jessie. Haar boshuisie, soos sy dit noem, is geleë in die middel van ’n meenthuiskompleks en word omring deur haar eie tuin se natuurskoon. Sy was nog altyd ’n groot dromer en het ’n lewendige verbeelding, veral as dit by die liefde kom. Sy hou daarvan om mense te sien ontspan. En wat is nou lekkerder as wanneer ’n leser ná ’n dag se harde werk met ’n heerlike liefdesverhaal na ’n wêreld van somer, son en liefde weggevoer word? Sy werk tans as projekbestuurder by ’n mediese fonds. Sy hou ook daarvan om in haar vrye tyd digitaal te skilder en gedigte te skryf. Liefde in September is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.