C M Christians is ’n boekwurm wat op ’n klein plattelandse dorpie in die Noord-Kaap groot geword het. Op twaalfjarige ouderdom verhuis hulle na die Kaap en verloor sy haar hart in die Boland. Sy wou as kind ’n skrywer wees en het ná skool Tale gaan studeer. Met die ondersteuning van haar man het sy uiteindelik die moed bymekaar geskraap om haar drome op papier vas te vang. Elke karakter besit iets van haar siel - goed of sleg!