Isa Konrad het in Namibië grootgeword. Ná skool het sy Switserland toe geëmigreer. Sy het jare lank in Zürich gewoon, daar getrou en met ’n gesin begin. Haar twee dogters is in 1995 en 1996 onderskeidelik gebore. In 2001 het die gesin Suid-Afrika toe geïmmigreer as gevolg van haar man se werk. Hulle het in Pretoria gewoon. Ná haar seun se geboorte in 2002 het Isa haar ingeskryf vir ’n kreatiewe skryfkursus. Dit het tot die publikasie van haar eerste romanse, Die langste nag, gelei. Daarna het sy nog sewe romanses geskryf. Ná agt jaar in Suid–Afrika is die gesin in September 2008 terug Switserland toe. Hulle woon tans in Solothurn, ’n barokstad op die Aare-rivier, maar besit ook ’n huis in die Penniniese Alpe naby die grens van die Italië. Isa verdeel haar tyd min of meer gelykop tussen dié twee woonplekke. Haar eerste spanningsroman, "Die ondenkbare", het in 2010 verskyn.