Prof. Lizette Rabe is ’n bekende en gerespekteerde skrywer, joernalis en akademikus. Daar het al twee boeke uit haar pen verskyn (Rykie: ’n Lewe met woorde en ’n Konstante Revolusie: Naspers, Media24 en Oorgange). Sy was ’n joernalis vir meer as twintig jaar, die laaste daarvan as redakteur van die tydskrif Sarie, waarna sy in 2001 as professor en hoof van die nagraadse departement joernalistiek aan haar alma mater, die Universiteit Stellenbosch, aangestel is. En toe spat haar gekoesterde kring in duisend stukke toe een van haar seuns sterf. Al wat vir haar oorgebly het, was om met woorde te worstel. Woorde moes haar help om sin te maak uit dit wat geen sin meer gemaak het nie, en deur letterlik sinne te maak in ’n poging om “sin te maak” – deur elke dag te skryf – het sy probeer om op ’n manier verhalend tot verhaal te kom.

Lizette Rabe

Filter
Stel ascending direction

1 item

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys
  1. Om tot verhaal te kom (EBOEK)
    Rating:
    0%
    R272,00
Filter
Stel ascending direction

1 item

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys