Martie Muller se lewe het altyd tussen haar liefde vir musiek en die letterkunde gewissel. Sy het verskeie grade behaal: BA Mus en uiteindelik haar D.Phil. in Literatuurwetenskap. Sy het gedigte in Tydskrif vir Letterkunde, Literator en rooi rose gepubliseer. Sy doen ook boekbesprekings van voorgeskrewe werke in Tydskrif vir Letterkunde en Klasgids. Terwyl sy en haar man op Cradock gewoon het, het sy twee maal per jaar saam met die Cradock Musica Ensemble kamermusiek-aande aangebied. Sy met haar klarinet saam met ’n dwarsfluit, balalaika en klavier. Tussendeur het sy referate gelewer, artikels in letterkunde-, literatuurwetenskap- en wysbegeertetydskrifte gepubliseer en gedigte getoonset. Terug in Pretoria het Martie by die Filharmoniese Orkes aangesluit tot sy begin doof word het. Sy het toe met aandele begin spekuleer, ’n prys losgeslaan in ’n fiktiewe beleggingskompetisie en was naaswenner in Rapport se aandeelkompetisie.

Martie Muller

Filter
Stel ascending direction

1 item

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys
  1. As die eland struikel (EPUB)
    Rating:
    0%
    R242,00
Filter
Stel ascending direction

1 item

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys