As kind het Phil Earle dit gehaat om romans te lees, maar hy het vinnig ’n liefde vir strokiesprente en grafiese romans ontdek. Na Universiteit het hy verskeie werke gehad, soos in kroeë en reisagentskappe en by ’n kinderhuis. Dit was hierdie ongelooflike ervaring wat die skryf van sy twee jeugromans Being Billy en Saving Daisy geïnspireer het. Volgens Earle is die beste ding wat ooit met hom gebeur het om ’n werk in ’n boekwinkel se kinderafdeling te kry. Hierdie boeke was anders as enigiets anders wat hy al gelees het, en hy het vinnig begin om net kinderboeke te lees. Dit was terwyl hy daar gewerk het dat hy besef het hy wil probeer om vir jongmense te skryf. Hy het vyf jaar in daardie boekwinkel gewerk voordat hy werk by ’n uitgewery gekry het, en nou verdeel hy sy tyd tussen boeke verkoop en boeke skryf. Hy bly in ’n huis op ’n heuwel saam met sy vrou en drie kinders, en hy probeer om elke dag 500 woorde te skryf.