Rika Cloete is gebore in Johannesburg en woon tans in Roodepoort. In 1992 matrikuleer sy aan die Hoërskool Vorentoe en ontvang haar tersiêre opleiding aan die eertydse RAU, nou UJ, waar sy vir ’n klompie jare Duitse letterkunde doseer. Sy is die skrywer van die historiese moordraaiselroman Doodsroeper (2017) en die huishoudelike noir spanningsroman Skadukant (2020). In 2002 word haar digbundel eensaamigheid gepubliseer, waarvan een van die gedigte in die bloemlesing Vers en Vrou (2020) opgeneem word. Sy het ook twee liefdesromanses en verskeie tydskrifverhale op haar kerfstok>