Rika du Plessis is op Riebeek-Kasteel gebore en het haar skooljare op Riversdal en Wolseley voltooi. Daarna het sy ’n skryfkunsdiploma verwerf. Sy het eers haar twee seuns grootgemaak en nadat haar eerste man oorlede is, het sy begin skryf. LAPA Uitgewers het al heelwat van haar liefdesverhale gepubliseer. As ’n liefdesdaad skryf sy ook kleuterverhale en tienervervolgverhale vir ’n Christelike jeugtydskrif. Sy woon op Thabazimbi in die Bosveld saam met haar man Gys en twee Jack Russells. Sy is ’n natuurliefhebber wat daarvan hou om in haar vrye tyd voëls in die veld dop te hou. Vir so lank as wat die Here vir haar ’n helder verstand gee, wil sy graag skryf omdat dit vir haar lekker is.