Prof Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. As tentmakerleraar is hy deeltyds verbind aan Pierre van Ryneveld-gemeente asook by die Mosaïek-gemeente in Fairlands en die Moreletapark-gemeente. Stephan Joubert is ’n buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland. Stephan se boek Jesus - ’n radikale sprong is in 2010 bekroon met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek.