Susan Ongansie is ’n grondslagfase-onderwyseres wat op Beaufort-Wes gebore en getoë is. Sy sê haar liefde vir lees en skryf het sommer vroeg in haar skooljare al begin – en sy het altyd opstelle en briewe geskryf met die skoolwoordeboek byderhand! “Die aard van my werk bied ’n lekker geleentheid vir skryf, aangesien ek graag stories, liedjies en gediggies skryf wat vir my leerders relevant is. Ek geniet die genot op hul gesiggies.” Sy is ma van ’n seun en twee dogters, en woon op Oudtshoorn.