W.A Janse van Rensburg het in Stellenbosch grootgeword en bly steeds daar. Hy
het in 2020 gematrikuleer en is tans ’n derdejaar ingenieurstudent. Sy belangstellings
is divers en balans is vir hom belangrik. Hy skryf graag, maar om aktief te bly en
deel te neem by universiteits- en kerksgeleenthede is ook ’n prioriteit. Hy vra baie
hoekom, selfs al weet hy daar is nie noodwendig antwoorde nie. Hy is baie ná aan
sy familie, en as dit nie vir sy ouers was nie, was daar nie nou ’n boek nie.