Afrika: feit, fiksie of fabel, kyk na die eiesoortige dinge, plekke, mense en diere wat in Afrika was, en is. Hierdie uiters interessante en feitlike boek kan aanslag vind by die algemene mark en ook deur akademiese instansies gebruik word. Dit bevat onder andere inligting oor al die UNESCO Wêrelderfenisgebiede in Afrika (73), en vele noemenswaardige en vreemde dinge. Die inskrywings is in kort bondige brokke verdeel en dus is die boek maklik om ter enige tyd op te tel en bietjie vir bietjie deur te lees. Hierdie onopgesmukte feite-skatkis sal baie maklik op die koffietafel of bedkassie ? tuiste vind vir ? geruime tyd. Die interessante en informatiewe teks verseker ? wye gehoor – van lekker-lees, uitbrei van algemene kennis tot toesprake en redenaars voorbereiding.