CC wou nooit met merino’s boer soos haar pa se begeerte was nie. Trouens, sy wil glad nie boer nie. Die ander uiterste is waarheen haar hart trek: modes, ontwerpe, kleure, tekstuur. En dit is wat hierdie onversetlike hardekop met ’n flair vir boheemsheid uiteindelik bereik: Sy word ’n modeontwerper met net een voorbehoud – geen trourokke nie. Maar ou skuld kan selfs só ’n meisie se pad verlê. En die buurman wat CC se pa by haar erfdeel ingooi, maak niks vir haar makliker nie. Asof dit nie genoeg is dat dié man as ’t ware haar vennoot is in die ding waarin haar pa haar dwing nie, is hy ’n beeldhouer, al vind sy dit heelwat later uit. En klei is nie al wat hy in iets heeltemal anders omvorm nie, hy doen dit ook met haar hart.