Paula Krige se lewe verander soos handomkeer toe sy afkom op haar man met ’n gifpyl in sy maag en haar dogtertjie se lyk – terwyl vreemde drom- en tokkelklanke deur die lug vibreer. En haar seuntjie is nêrens te vinde nie ... Leidrade dui daarop dat daar ’n trance-dans in haar huis was tydens die misdaad. Dié dans, wat sentraal staan in die San se rotskuns, kan die sleutel tot die geheim wees en Paula word na Lesotho se berge gelok om die tergende raaisel te ontrafel.