As dit proe soos liefde (EPUB)

R140,00
As dit proe soos liefde (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799387810
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2018-04-01
Links
Lisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.

Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.

Haar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe ...

Meer inligting
Publikasie Datum 01 Apr. 2018
Formaat EPUB
Skrywer Didi Potgieter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Didi Potgieter